Dis die ultimate padkos, markkos of naweek-bederf: sagte vetkoek met ’n geurige maalvleisvulsel binne. Hier’s hoe jy dit maklik self kan maak.
Wat jy nodig het:
Vir die vetkoek (maak ongeveer 10):
• 4 koppies koekmeel
• 10g kitsgis (1 pakkie)
• 1 teelepel sout
• 1 eetlepel suiker
• 2½ koppies louwarm water
• Olie om in te braai
Vir die maalvleisvulsel:
• 500g maalvleis (bees of lamsvleis)
• 1 ui (gekap)
• 2 knoffelhuisies (fyngekap)
• 1 teelepel kerriepoeier (opsioneel vir geur)
• Sout en peper
• 1 eetlepel tamatiepasta of ½ blikkie tamaties
• Bietjie olie om in te braai
Hoe om dit te maak:
Vetkoek:
-
Meng meel, gis, sout en suiker in ’n groot bak.
-
Voeg die louwarm water stadig by terwyl jy roer tot ’n sagte deeg vorm.
-
Knie die deeg vir sowat 10 minute tot glad.
-
Bedek die bak en laat die deeg rys vir ±1 uur tot dit verdubbel in grootte.
-
Slaan die deeg af en verdeel in bolle (soos tennisbal grootte). Laat staan nog 15 min.
-
Verhit olie in ’n diep pot of pan. Braai elke bol tot goudbruin en gaar binne (moenie te vinnig braai nie). Dreineer op papierhanddoek.
Mince Vulsel:
-
Braai die ui in ’n bietjie olie tot sag. Voeg knoffel en kerriepoeier by (indien gebruik).
-
Voeg die maalvleis by en braai tot gaar en bruin.
-
Voeg tamatiepasta of tamaties by, geur met sout en peper, en laat prut vir 10–15 minute tot lekker dik.
Om voor te sit: Sny die vetkoek oop (soos ’n broodrolletjie), skep die warm mince binne en geniet dadelik.
Jy kan ook kaas, blatjang of rissies bysit vir ekstra smaak.
I will be your admin now.